Meld
korrupsie
aan
Oor ons
AfriForum se teenkorrupsie-eenheid het in 2016 tot stand gekom en is amptelik in Oktober 2016 bekend gestel.
Die stigting van die eenheid is genoodsaak deur die feit dat korrupsie besig is om soos ’n kanker onder die Zuma-regering te versprei en vinnig besig is om die land op sy knieë te dwing.
Die eenheid het ten doel om korrupsie onder hooggeplaaste regeringsamptenare te identifiseer, korrupsieklagtes deur ervare ondersoekers te laat ondersoek, te verseker dat strafregtelike klagtes ingedien word, druk vir vervolging toe te pas deur korrupsie in die openbaar te ontbloot, asook om openbare veldtogte teen korrupsie te voer.
Suksesse
AfriForum se teenkorrupsie-eenheid en Paul O’Sullivan maak korrupte handelinge van hoëprofielstaatsamptenare bekend
AfriForum het vandag sy teenkorrupsie-eenheid in samewerking met Paul O’Sullivan, forensiese speurder en gesertifiseerde bedrogondersoeker, tydens ’n mediakonferensie in Centurion bekend gestel. Die burgerregte-organisasie is dit lank reeds eens dat sistemiese...
AfriForum lê klagtes nadat 13 provinsiale departementshoofde R11,63 miljard vermors
AfriForum se nasionale veldtog oor die wanbesteding van belastinggeld, “Genoeg is Genoeg”, is vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion bekend gestel. As deel van dié veldtog gaan AfriForum oor die volgende twee weke agt provinsies besoek waartydens...
Veldtogte
No Results Found
The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.