Ons veg terug!

AfriForum gaan George Bizos se seun privaat vervolg

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hulle die seun van George Bizos, die wêreldberoemde menseregteadvokaat, privaat gaan vervolg. Dit volg nadat Alexis Bizos sy vrou, Monique van Oosterhout, aangerand het en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om hom te vervolg.

AfriForum sal privaat vervolging instel namens Van Oosterhout, wat só ernstig deur Bizos aangerand is dat sy ses gebreekte ribbes opgedoen het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, glo die organisasie in gelykheid voor die reg en het daarom besluit om in te gryp in ’n saak waar ’n geweldenaar teenoor ’n vrou skynbaar nie vervolg word nie, bloot op grond van die feit dat sy pa ’n prominente figuur is.

“’n Mens moet onthou: Om die owerhede te nader, is vir so ’n slagoffer traumaties; die bykomstige viktimisering wat deur slagoffers ervaar word, is telkemale ’n realiteit en hang grootliks af van wie aan diens is wanneer die saak aangemeld word. In die algemeen ervaar slagoffers van geweld ’n duidelike tekort aan empatie wanneer hulle op hul kwesbaarste is,” verduidelik Kriel.

Benewens die bykomstige viktimisering wat daarmee gepaard gegaan het om die saak by die polisie aan te meld, kon Van Oosterhout ná verskeie interaksies met die NVG nie daarin slaag om die NVG sover te kry om Bizos te vervolg nie. ’n Nolle prosequi-sertifikaat is gevolglik op 11 September 2015 deur die NVG uitgereik.

Volgens advokaat Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het AfriForum opnuut aansoek gedoen vir ’n nolle prosequi-sertifikaat en sal Bizos privaat vervolg word vir aanranding met die opset om ernstig te beseer. “Wanneer ’n slagoffer se hulpkrete onbeantwoord deur haar onmiddellike familie en omgewing gelaat word en sy haarself telkemale teen die spreekwoordelike muur vasloop, voel dit vir haar of sy alleen staan. Dit laat die slagoffer voel asof die einste wette wat daar is om haar te beskerm en ondersteun, haar in haar oomblik van nood in die steek gelaat het,” sê Nel.

AfriForum wil die publiek aanmoedig om hul veldtog, #stopgeweldteenvroue, te ondersteun en so ook dié burgerregtewaghond se privaat vervolgingseenheid te versterk

Ondersteun privaat vervolging deur jou naam hieronder in te vul:

 

Oops! We could not locate your form.

Similar Posts