Ondersoek na Kuga-sterfgeval: Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford

Bewysstukke in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy is op 18 en 19 Maart 2019 in die Wes-Kaapse hoë hof voorgelê. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Jimmy-gesin verskyn. Jimmy is in Desember 2015 oorlede toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge.

Dié geregtelike ondersoek sal bepaal of Jimmy se dood deur enige daad of weglating rakende of beduidend van ’n Ford. Getuienisbewysstukke en video’s van die voorval is ook ingedien. In hierdie geval is die oorsaak en oorsprong van die brand as ’n sentrale belang tot die verrigtinge geïdentifiseer. Ford se regsverteenwoordigers het egter geargumenteer dat voertuigbrande willekeurig met alle voertuigmodelle en -handelsmerke kan gebeur.
Die ondersoekverrigtinge het begin op die dag wat die slagoffer sy verjaarsdag sou herdenk. Jimmy se tragiese dood laat ’n gesin agter wat desperaat vir antwoorde en afsluiting is.
Konst. Thembekile Matwa‚ wat Jimmy se dood ondersoek, het op 18 en 19 Maart getuig. Konst. Ryan Petersen, die eerste polisiebeampte op die toneel, het ook op 19 Maart getuig. Verder sal lt.kol. Richard Tonkin van die eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade, wat ook op die toneel was, sy getuienis op 20 Maart voortsit.
Konst. Matwa se getuienis het alle aantygings van ’n swak polisieondersoek, soos deur Ford in die aansoek om die uitstelling van die geregtelike ondersoek geargumenteer, finaal uit die weg geruim.
AfriForum glo dat Ford ’n korporatiewe boelie is wat misluk het daarin om verantwoording vir Jimmy se dood te aanvaar, alhoewel bewysstukke aandui dat Jimmy se dood deur ’n fout in sy Ford Kuga-voertuig meegebring is.

“Een van die redes waarom AfriForum se privaatvervolgingseenheid gestig is, is om te verseker dat almal voor die reg gelyk is,” sê Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Dié saak is ook ’n belangrike verdere stap in AfriForum se strategie om die beginsel van privaat vervolging te vestig, asook om te verseker dat geregtigheid geskied.

Similar Posts