|

OB ondersoek Mbalula se Dubai-reis op AfriForum se versoek

AfriForum is deur ’n verteenwoordiger van Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se kantoor in kennis gestel dat die OB op versoek van dié burgerregtewaghond besluit het om ’n ondersoek te loods aangaande die befondsing van ’n reis van Fikile Mbalula, voormalige minister van sport en ontspanning.

Dié ondersoek sal gedoen word in ooreenstemming met die bepalings van artikel 3 en 4 van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, 1998 (wetno. 82 van 1998) en spruit uit bewerings dat Sedgars Sport, ’n sportprodukteverskaffer, tussen R300 000 en R680 000 vir die Mbalula-gesin se reis na Dubai opgedok het.

“Dit is uiters verdag dat Mbalula tydens die reis die minister van sport en ontspanning was en die maatskappy wat die reis na bewering geborg het sake met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gedoen het. ’n Ondersoek deur die OB kan moontlik ’n konflik van belange openbaar, asook ’n moontlike korrupte verhouding tussen Mbalula en Sedgars Sport,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

AfriForum verwelkom die OB se besluit om die bewerings te ondersoek.

Lees die brief hier: Letter to Public Protector re Mbalula

Similar Posts