Lasbrief uitgereik vir Grace Mugabe se inhegtenisneming

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die weg geopen vir die polisie om ’n ondersoek te doen en is nou op die punt waar ’n arrestasie kan plaasvind,” sê Kriel.

“Ons hoop dit stuur ’n baie duidelike boodskap uit dat niemand verhewe is bo die reg nie, ook nie as jou van Mugabe is nie,” sluit Kriel af.

Similar Posts