| |

Klagtes teen provinsiale gesondheidsdepartemente oor meer as R10 miljard se verkwisting

AfriForum het sy nasionale veldtog teen wanbesteding in die gesondheidsektor vandag van stapel gestuur. As deel van dié veldtog sal die burgerregte-organisasie in die volgende week al nege provinsies besoek, waartydens strafregtelike klagtes ingevolge Artikel 86(1) van die Openbare Finansiële­bestuurswet, 1999 (Wetno. 1 van 1999) teen nege hoofde van die provinsiale gesondheidsdepartemente ingedien sal word.

Hierdie nege departemente was almal skuldig aan onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde besteding, met altesaam meer as R10 miljard se verkwisting in die 2016/2017-finansiële jaar. Hierdie inligting is uit die departemente se jaarverslae bekom.

Gauteng: R 1 860 020 000
Mpumalanga: R 5 003 437 000
Limpopo: R 220 720 000
Noordwes: R 684 278 000
Vrystaat: R 369 262 000
Wes-Kaap: R 11 337 000
Oos-Kaap: R 33 716 000
KwaZulu-Natal: R 1 349 844 000
Noord-Kaap: R 636 296 000

“AfriForum is van mening dat die misbruik van belastingbetalers se geld ’n nasionale krisis is. Dit is tyd dat belastingbetalers druk op die Nasionale Vervolgingsgesag plaas om voorbeelde te maak van departementshoofde wat nie hul pligte, soos vervat in die Wet, nakom nie. Hulle is van die grootste skuldiges in die misbruik van belastingbetalers se geld,” sê Monique Taute, AfriForum se hoof van veldtogte.

Die klagtes teen die departementshoofde is op hul beweerde finansiële misbruik ingevolge die Wet gebaseer. “Hulle moet onreëlmatige, ongemagtigde, vrugtelose en verkwistende besteding voorkom en skuldige partye aanspreeklik hou. Verder is die departementshoofde verplig om volledige rekords van hul departemente se finansiële sake ingevolge voorgeskrewe wetgewing, norme en standaarde by te hou. Dit is egter duidelik uit die departemente se jaarverslae dat hierdie verantwoordelikhede glad nie nagekom word nie,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se regsadviseur vir plaaslikekorrupsiesake.

AfriForum wil die publiek aanmoedig om die nodige druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas deur ’n SMS met hul naam na 45344 te stuur (R1) of die klagtes hier te onderteken.

Oops! We could not locate your form.

Similar Posts