Geregtelike doodsondersoek na Kuga-oorledene: Ford-deskundige getuig

John David Loud (’n Amerikaanse ingenieur), Ford se deskundige getuie, het vandag in die Wes-Kaapse hoë hof in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy getuig. Volgens hom kon daar verskeie oorsake wees van die brand in die Ford Kuga waarin Jimmy in 2015 doodgebrand het. Loud gaan môre verder getuienis lei.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid sien uit na die geleentheid om die getuienis deur kruisondervraging te toets, om toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig die Jimmy-gesin. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford Motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.

Similar Posts