Duduzane Zuma staar klag van strafbare manslag in Maart in die gesig ná AfriForum ingryp

Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, het vandag in die Randburgse landdroshof gehoor dat hy op 26 Maart 2019 voor die hof moet verskyn op twee klagtes van strafbare manslag en een klag van nalatige bestuur.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. in verband met ’n motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng – waarin ’n jong, vroulike passasier, Mekelina Dube, op slag dood is – te vervolg nie. Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel.

“Ons sien die feit dat Duduzane uiteindelik in die hof gaan verskyn as ’n oorwinning. Ons sal die proses deeglik moniteer om toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Similar Posts