|

Cyril Ramaphosa weerspreek homself

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag bekend gemaak dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa AfriForum se gesamentlike hofaansoek in die Konstitusionele Hof teenstaan.

Dít volg nadat AfriForum, die Quaker Vredesentrum en die F.W. de Klerk Stigting op 8 Junie vanjaar ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring het om ’n bevel te bekom om Ramaphosa te gelas om ’n kommissie van ondersoek in die lewe te roep om bewerings van staatskaping te ondersoek.

Die aansoek is teen Ramaphosa, president Jacob Zuma en die Suid-Afrikaanse regering gebring. Al drie respondente het die aansoek teengestaan.

“Ramaphosa se onlangse uitlatings in die media dat hy die aanstelling van ’n kommissie van ondersoek goedkeur, is teenstrydig met sy teenkanting van AfriForum se aansoek. Die aansoek het juis ten doel om hom te bemagtig om dié kommissie saam te stel,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

AfriForum gaan met die regsproses voort en is van mening dat Ramaphosa nie die aansoek sou teenstaan as ernstig oor ’n kommissie van ondersoek was nie.

AfriForum moedig die publiek aan om dié saak te ondersteun: SMS jou naam en “Korrupsie” na 45352 (R1).

Similar Posts