|

AfriForum verwelkom NVG-besluit om klagtes teen Gordhan terug te trek

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om die klagtes teen Pravin Gordhan, minister van finansies, terug te trek.

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, sê dit is egter betreurenswaardig dat dit die druk en ingryping van die burgerlike samelewing geëis het om tot op dié punt te kom.

Taute sê voorts dit is onaanvaarbaar dat die regte besluit rondom Gordhan nie uit die staanspoor geneem is nie en dat burgerlike instellings hulle tot die howe moes wend om toe te sien dat geregtigheid geskied en die oppergesag van die reg erken word.

Taute meen adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, se hantering van die Gordhan-saga laat veel te wense.

“Hy is duidelik nie bevoeg en onpartydig nie en behoort afgedank te word. Die wyse waarop hy die saak hanteer het, het die hele land in ’n ekonomiese krisis gedompel en Suid-Afrika staar steeds die risiko in die gesig om teen die einde van die jaar verder afgegradeer te word.”

Similar Posts