|

AfriForum stel sy teenkorrupsie-eenheid bekend

AfriForum het  tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n verslag rakende die beweerde kaping van die strafregstelsel, getiteld ‘Joining the Dots’, vrygestel.

Lees die verslag hier

AfriForum het  strafregtelike klagtes ingedien teen pres. Jacob Zuma, Ajay Gupta, Tegeta en Eskom se raad, asook teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings. Dit volg na die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, se staatskapingsverslag Woensdag bekendgemaak is.

 “Die staatskapingverslag dien as prima facie-bewys dat die bogenoemde persone en amptenare se optrede moontlik onwettig mag wees en dat hulle moontlik skuldig is aan ’n paar misdade, insluitend, maar nie noodwendig beperk tot bedrog, diefstal, korrupsie en geldwassery,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Taute sê voorts dat AfriForum van mening is dat Zuma afgedank moet word aangesien hy ’n enorme verleentheid vir die land is.

AfriForum moedig die publiek aan om die organisasie se geveg teen korrupsie te ondersteun deur ’n SMS met hul naam en “Korrupsie” na 38312 te stuur om op dié wyse R10 tot die teenkorrupsiefonds by te dra.

AfriForum begin ’n #teenkorrupsie-eenheid in samewerking met Paul O’Sullivan.

 

AfriForum stel sy teenkorrupsie-eenheid in samewerking met Paul O’Sullivan, forensiese speurder en gesertifiseerde bedrogondersoeker, tydens ’n mediakonferensie in Centurion bekend. Die burgerregte-organisasie is dit lank reeds eens dat sistemiese korrupsie enige land op sy knieë kan dwing, en het daarom besluit om van die geleentheid gebruik te maak om te wys hoe die strafregstelsel deur die onderwêreld oorgeneem is.

Lees die volle storie hier.

Slaan korrupsie hok. Skenk R10 vir die #teenkorupsie-fonds: SMS “KORRUPSIE” na 38312

  • Bewysstukke aangeheg:

Radovan Krejcir erken korrupte transaksies met staatsamptenare – letter dpp 2016-10-04

Korrupte transaksies tussen Mabasa en Krejcir – Statement 2015-02-27 Mabasa Bribes_Redacted

Krejcir koop Landdros Holzen om –Holzen review  en Statement 01 G Louca 2014-11-05 Holzen

Brief aan die adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, en NDOV – Letter to Deputy President et al

Similar Posts