Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in ‘n geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros gaan op Maandag 21 Januarie 2019 uitspraak gee rakende AfriForum se aansoek dat die geregtelike doodsondersoek gestaak word. Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek…
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat sy eenheid ’n mandamus-aansoek op die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) en die minister van justisie beteken het om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier Julius Malema vir beweerde korrupsie, bedrog,…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…
Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar. Hulle is as getuies in die privaat vervolging van Thandi Modise gedagvaar, waar AfriForum se privaatvervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) optree. Chauke het wel in die hof verskyn en…
Bewysstukke in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy is op 18 en 19 Maart 2019 in die Wes-Kaapse hoë hof voorgelê. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Jimmy-gesin verskyn. Jimmy is in Desember 2015 oorlede toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy…
Toe AfriForum se ondersoekspan gister uiteindelik kapt. Tebogo Mokolobate se verklaring oor die gebeure op Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), se plaas in 2014 ontvang het, het ’n belangrike bladsy ontbreek. Dit was die derde keer dat Mokolobate in die Potchefstroomse landdroshof verskyn het in AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging…