Uitspraak in Duduzane Zuma-saak word op 12 Julie gelewer

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, sal op 12 Julie hoor of hy aan strafbare manslag en roekelose en natalige bestuur skuldig is aldan nie. Adv. Mike Hellens (SC), Zuma Jr. se regsverteenwoordiger, en adv. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het vandag hul slotbetoë in dié saak in die Randburgse landdroshof gelewer. Die saak spruit voort…

Twee getuig Duduzane Zuma het nie vinnig gery op dag van ongeluk

Die spoed waarteen Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, op die noodlottige dag gery het toe sy Porsche 911 op die M1-suid teen ’n minibus-taxi gebots het, was vandag die fokus van die verhoor in Randburgse landdroshof waarin hy op ’n klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur verskyn het. Zuma was…

Slotbetoë in Duduzane Zuma-vervolgingsaak tot 20 Junie uitgestel

Duduzane Zuma se regspan het vandag twee getuies geroep in die saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur teen hom. Die verdediging het Konrad Lotter, ’n deskundige getuie, geroep, asook Michael Jankelowitz, ’n ooggetuie. Laasgenoemde het getuig dat hy op die snelweg was die aand van die voorval en dat dit baie swaar…

Duduzane Zuma verskyn in hof op aanklag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur

Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, het op 26 Maart 2019 in die Randburgse landdroshof verskyn op ’n klag van strafbare manslag en ’n klag van roekelose en nalatige bestuur. Die staat het ’n tweede klag van strafbare manslag laat vaar nadat ’n verslag van ’n patoloog aangedui het dat ’n tweede slagoffer aan natuurlike…

Duduzane Zuma pleit onskuldig op klag van strafbare manslag

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, se saak waarin hy van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur aangekla word, het vandag in die Randburgse landdroshof begin. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het in die begin van die hofverrigtinge gesê een klag van strafbare manslag is laat vaar nadat ’n verslag van ’n patoloog getoon het…

Amerikaanse deskundige getuig in Ford Kuga-saak

Die saak tussen die Jimmy-familie en die Ford-motormaatskappy is vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verskyn vandeesweek namens die Jimmy-gesin in die hof in die geregtelike doodsondersoek van Reshall Jimmy (32). Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand…

End of content

End of content