‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier

‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat sy eenheid ’n mandamus-aansoek op die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) en die minister van justisie beteken het om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier Julius Malema vir beweerde korrupsie, bedrog,…

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen Fikile Mbalula in
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen Fikile Mbalula in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van geldwassery en korrupsie teen Fikile Mbalula, voormalige minister van sport, by die Brooklyn-polisiestasie ingedien. Dit volg nadat Sedgars Sport, ’n sportprodukteverskaffer, na bewering tussen R300 000 en R680 000 in 2017 vir die Mbalula-gesin se reis na Dubai opgedok het. AfriForum het die Openbare Beskermer (OB) in 2017 versoek…

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen burgemeester van Mogalakwena-munisipaliteit in
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen burgemeester van Mogalakwena-munisipaliteit in

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen sowel Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, as Charles Malema, hoof- finansiële beampte van dié munisipaliteit, by die Mokopane-polisiestasie in Potgietersrus ingedien. Dít volg nadat Matsemela na bewering ongeveer R1,5 miljoen se munisipale fondse op haar verjaarsdagpartytjie bestee het. Die burgerregte-organisasie eis dat die polisie hierdie bewerings ondersoek…

| |

AfriForum dien korrupsieklagtes teen Shaun Abrahams in

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag klagtes van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing teen Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), en ses ander toplede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien. “Dít volg nadat AfriForum ’n anonieme brief ontvang het wat uitbrei oor aantygings van ernstige strafregtelike gedrag. In hierdie brief is ’n…

| |

Net om Shaun Abrahams span ál nouer

Deur Alet Rademeyer Die net span al nouer rondom adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV). Die burgerregte-organisasie AfriForum en genl. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, wat vermoedelik onregmatig deur adv. Nomgcobo Jiba geskors is, het vandag strafregtelike klagtes van meineed en regsverydeling teen Abrahams by die Silverton-polisiestasie ingedien….

| |

AfriForum veroordeel presidensie se besluit om voort te gaan met oordadige inhuldigingseremonie

AfriForum veroordeel die presidensie se besluit om voort te gaan met vandag se oordadige inhuldigingseremonie ten sterkste. Ten spyte van die presidensie se versekerings dat belastingbetalers R100 miljoen minder gaan moet opdok, in vergelyking met die vorige presidensiële inhuldiging, is R120 miljoen steeds ’n reusebedrag om aan ’n eenmalige en onnodige seremonie soos hierdie te…

| |

AfriForum loods #StopDieBus-veldtog teen aanry van mense na presidensiële inhuldiging op munisipale onkoste

Vanjaar se presidensiële inhuldiging gaan nie slegs die grootste en duurste in Suid-Afrikaanse geskiedenis wees nie – die presidensie het boonop aangekondig dat munisipaliteite vanuit elk van die nege provinsies 2 000 mense (altesaam 18 000  mense) op eie onkoste na die Loftus Versfeld-stadion moet aanry. In die lig hiervan het AfriForum besluit om die #StopDieBus-veldtog van…

| |

#StopDieBus-veldtog: AfriForum oorhandig protesbriewe in Pretoria teen aanry van mense na presidensiële inhuldiging

AfriForum het vandag talle protesbriewe van inwoners regoor die land teen die president se versoek – dat munisipaliteite landwyd 18 000 mense na die presidensiële inhuldiging in Pretoria op 25 Mei 2019 moet aanry – by die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Pretoria ingedien. Die burgerregte-organisasie het ook ’n protesbrief aan die presidensie…

Malema kryt AfriForum uit ná aankondiging van privaat vervolging teen hom

Kort nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum vanoggend aangekondig het dat Julius Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie vervolg gaan word, het Malema die organisasie op Twitter as rassiste uitgekryt. Die beoogde vervolging teen Malema hou verband met beweerde korrupte bedrywighede…

NVG gaan Malema en Ndlozi vervolg vir beweerde aanranding van polisieman ná AfriForum druk volhou

NVG gaan Malema en Ndlozi vervolg vir beweerde aanranding van polisieman ná AfriForum druk volhou

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum vandag in kennis gestel dat hulle Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, gaan vervolg vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD. Dít volg nadat AfriForum in Julie vanjaar aangekondig het dat hulle die hof gaan nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG…

End of content

End of content