Meld
korrupsie
aan
Oor ons
AfriForum se teenkorrupsie-eenheid het in 2016 tot stand gekom en is amptelik in Oktober 2016 bekend gestel.
Die stigting van die eenheid is genoodsaak deur die feit dat korrupsie besig is om soos ’n kanker onder die Zuma-regering te versprei en vinnig besig is om die land op sy knieë te dwing.
Die eenheid het ten doel om korrupsie onder hooggeplaaste regeringsamptenare te identifiseer, korrupsieklagtes deur ervare ondersoekers te laat ondersoek, te verseker dat strafregtelike klagtes ingedien word, druk vir vervolging toe te pas deur korrupsie in die openbaar te ontbloot, asook om openbare veldtogte teen korrupsie te voer.
Suksesse
Organisasies verenig: Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek instel
Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het vandag ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n...
Verslag oor die kaping van die strafregstelsel vrygestel
AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n verslag rakende die beweerde kaping van die strafregstelsel, getiteld ‘Joining the Dots’, vrygestel. Volgens die verslag, saamgestel deur Paul O’Sullivan, het president Jacob Zuma beheer oor die...
AfriForum dien strafregtelike klagtes teen pres. Jacob Zuma en ander hoë staatsamptenare in
AfriForum het vandag strafregtelike klagtes ingedien teen pres. Jacob Zuma, Ajay Gupta, Tegeta en Eskom se raad, asook teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Lynne Brown, minister van openbare...
Veldtogte
Stop Lesufi se korrupsie!
AfriForum het ’n klag van korrupsie by die SAPD gelê. Dit volg op die Gautengse regering se onregmatige toekenning van ’n kontrak aan die IT-maatskappy In2IT, met wie Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir Onderwys, nou bande het. AfriForum is bekommerd oor die feit...
Klagtes teen provinsiale gesondheidsdepartemente oor meer as R10 miljard se verkwisting
AfriForum het sy nasionale veldtog teen wanbesteding in die gesondheidsektor vandag van stapel gestuur. As deel van dié veldtog sal die burgerregte-organisasie in die volgende week al nege provinsies besoek, waartydens strafregtelike klagtes ingevolge Artikel 86(1)...